Namibië en Zambië onderteken ooreenkoms oor aardgas-pyplyn

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo en sy Zambiese eweknie, Peter Chibwe Kakubo, het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor samewerking vir die bou van ‘n aardgas-pypleiding van Zambië na Walvisbaai. Die twee ministers het die ooreenkoms onderteken tydens die tiende sitting van die Namibië-Zambië Gesamentlike Permanente Kommissie van Samewerking wat in Swakopmund plaasvind. Volgens die ooreenkoms sal die gas vir kragopwekking gebruik word, terwyl ‘n oliepypleiding sal help om die koste van petroleumprodukte te verminder. Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom in die ministerie van myne en energie praat met Kosmos 94.1 Nuus.