SA moet posisie by Brics gebruik om nuwe lede toe te laat

Die ANC sê Suid-Afrika moet sy posisie as voorsitter van Brics in 2023 gebruik om te beding vir die toelating van nuwe lede by die politieke en ekonomiese groepering van belangrike ontluikende markte. Die voorstel was deel van ʼn reeks beleidsbeginsels wat geskeduleer was om by die ANC-konferensie bespreek te word. Volgens die party sal die uitbreiding van Brics inpas by die party se druk om alliansies te versterk om die wêreldwye oorheersing deur die ekonomieë van ontwikkelde lande, soos Amerika, teen te werk.