Nuwe bedrogspul in Erongo-streek

Swendelaars is hierdie tyd van die jaar bedrywig en ‘n nuwe bedrogspul is by die Namibiese polisie in die Erongo-streek gerapporteer. Die skelms doen hulle voor as polisiebeamptes en vra die publiek telefonies vir beweerde verkeersboetes en lasbriewe vir inhegtenisneming. Nampol se bevelvoerder vir gemeenskapsake in Erongo, inspekteur Ileni Shapumba, sê aan Kosmos 94.1 Nampol sal nooit enige betaling per e-Wallet of enige ander vorm van aanlyn transaksie eis nie.