SA model glo aan Kanye West se sy

Die 34-jarige Suid-Afrikaanse model Candice Swanepoel word volgens berigte glo aan die arm van die omstrede kletsrymer en biljoenêr Kanye West of eerder “Ye” gesien. Nog nie een van die twee het die gerugte deur skindertonge bevestig dat daar “iets” tussen hulle aan die gang is nie. Die twee kon nie genoeg van mekaar kry by die New York Fashion Week nie. Swanepoel het in 2010 ‘n Victoria Secret “Angel” geword en was in 2016 agtste op die Forbes-lys vir hoogs betaalde modelle. Sy het twee seuns by die model Hermann Nicoli. West het vier kinders saam met Kim Kardashian. Die twee se egskeidings-ooreenkoms is onlangs gefinaliseer. West bly in die nuus weens omstrede uitsprake wat hy maak en daar is selfs beweringe van president-kandidaatskap op die horison.