Nuwe brandweerstasie reageer reeds op vloede, brande

Die Stad Tshwane sê die nuwe Mamelodi-brandweerstasie het reeds 73 noodvoorvalle, insluitend reddings, vloede en brande, bygewoon. Die stasie is Dinsdag amptelik geopen. Die stad het die stasie van die grond af gebou teen ‘n koste van 55 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen doen ‘n beroep op inwoners van Mamelodi om saam met die stad om te sien na hierdie multi-miljoenrandse infrastruktuur wat gebou is om gemeenskappe te help.