DA wil geboue in skuilings vir vroue en kinders omskep

Die DA in Gauteng voer ’n veldtog om die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling te oorreed om ses geboue wat deur die nasionale departement van openbare werke aan hulle geskenk is, aan te wend as skuilings vir die slagoffers van geslagsgeweld en hawelose mense in die provinsie. Die DA-lid Buchule Putini sê die party het sy petisie geloods aan die begin van die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld teen vroue en kinders, en het groot steun gekry van verskeie gemeenskappe en belanghebbendes.