SA Menseregtekommissie gaan onrus van Julie ondersoek

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê hy begin in November met sy ondersoek na die burgerlike onrus in Julie. Die kommissie wil vasstel wat aanleiding gegee het tot die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng. Suid-Afrika het toegesien hoe plundery, skade aan eiendom en geweld plaasvind wat die lewens van meer as 300 mense in albei provinsies geëis het. Die kommissie se voorsitter, Bongani Majola, sê hulle het weens grondwet-skendings opdrag gekry om die onluste te ondersoek.