AR se vakbond steeds besig met registrasieproses

Die Affirmative Repositioning-bewewging se werkersunie, die Rewolusionêre Unie, het onlangs kritiek gekry oor hoe hulle teen werkgewers optree waar ‘n arbeidsdispuut is. Die unie streef na die bevryding van Namibiese werkers van reaksionêre en ondoeltreffende vakbonde waarvan die leiers glo saam met werkgewers saamspan om werkers uit te buit. Die unie is steeds besig met hul registrasieproses, maar is reeds operasioneel. Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, kritiseer die trae registrasieproses.