Amerikaans senaat keur nuwe beperkings op Chinese tegnologie goed

Die Amerikaanse Senaat het eenparig goedkeurig verleen aan nuwe beperkings op die installering van Chinees-vervaardigde tegniese toerusting in Amerikaanse telekommunikasienetwerke. Die Wet op Sekerheid van Toerusting sal nou na President Joe Biden gaan vir bekragtiging. Dit verbied die Federale Kommunikasie Kommissie om lisensies aan Huawei en ZTE te hersien of uit te reik. Die kommissie het verlede jaar amptelik die twee Chinese ondernemings as bedreigings vir nasionale sekerheid verklaar.