SA Menseregte-kommissie: Skole-infrastruktuur is ontoereikend

Die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie sê die infrastruktuur van duisende skole in Suid-Afrika is ontoereikend. Dit kom met skole in die provinsies in die binneland wat vandag heropen. Kommissaris André Gaum sê oorbevolking en ‘n tekort aan behoorlike infrastruktuur is van die faktore wat leerders beïnvloed. Gaum sê die departement van basiese onderwys moet met strategieë vorendag kom om die uitdagings die hoof te bied.