Dodetal styg in Kaliforniese storms

Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, sê die dodetal as gevolg van die hewige storms wat die staat teister, sal waarskynlik styg. Minstens 17 mense is dood ná vloede en modderstortings wat verlede maand begin het. Duisende mense moes ontruim, en meer as 100 000 huise en besighede is sonder krag gelaat. Nog storms word die naweek en volgende week verwag. President Joe Biden het ‘n noodtoestand uitgereik om storm-reaksie en noodlenigings-pogings in meer as 12 provinsies te ondersteun.