SA-megaboer se kersies is op koers

Kersies van die Suid-Afrikaanse mega-vrugteprodusent ZZ2 se plase in Buffelspoort, Rustenburg, Marikana, Lanseria en Polokwane is tans in seisoen. Die uitvoerende hoof, Tommie van Zyl, sê kersies by hierdie plekke is die enigste kersies tans op aarde beskikbaar. Hy sê ten einde die beste ervaring van hierdie wonderlike vrugte te verseker, werk spanne sewe dae per week vir die volgende ses weke om die vrugte betyds te pluk. Protokolle word gehandhaaf om die vrugte af te koel en met die grootste sorg te sorteer en verpak.