DBN ondersteun klimaatsprojekte

Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê ontwikkelingsbanke sal moet na vore tree om geld te voorsien vir die bekamping van klimaatsverandering. Meer as 100 miljard Amerikaanse dollar is jaarliks nodig om ontwikkelende lande by te staan. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Ontwikkelingsbank Martin Inkumbi sê hulle ondersteun die tipe van projekte graag.