Tirop se man bly in aanhouding

‘n Hof in Kenia het beslis dat Ibrahim Rotich, die man van die oorlede top-atleet Agnes Tirop, in aanhouding moet bly terwyl owerhede verdere ondersoek instel. Dit was Rotich se eerste verskyning in Iten, waar Tirop dood aangetref is met ‘n steekwond in haar nek. Volgens die polisie moet daar ook bevestig dat Rotich bevoeg is om verhoor te word. Tirop is op 13 Oktober dood en Rotich is verlede week Donderdag, die 14de, in hegtenis geneem in Mombasa. Owerhede meen hy het gepoog om die land te vlug.