SA Mediese Vereniging hof toe oor junior dokters

Die Mediese Vereniging van Suid-Afrika sê hy sal die regering hof toe neem indien junior dokters wat in Maart en April afgestudeer het, nie teen die einde van vandag geplaas is nie. Altesaam 288 mediese assistente wag op grondwetlik verpligte plasing by openbare gesondheidsinstellings. Die vereniging sê internskap is ‘n statutêre komponent van mediese opleiding. Die departement van gesondheid en die minister van gesondheid oortree dus hul grondwetlike verpligtinge deur nie te verseker dat aansoekers in aanmerking kom nie.