Legendariese SA musikant Steve Kekana sterf

Die legendariese Suid-Afrikaanse musikant Steve Kekana is op 62-jarige ouderdom dood. Sy medemusikant, Sipho Hotstix Mabuse, het Kekane se dood bevestig en die talentvolle sanger beskryf as ‘n baken van lig vir duisende regoor die wêreld. Kekana is volgens berigte vanoggend ná ‘n kort siekbed in die Polokwane-hospitaal in Limpopo dood. Sy broer en sakevennoot, Johannes Kekana, het gesê die familie is hartseer oor sy afsterwe. Kekana was bekend vir treffers soos “Take You Love” en “Shine On”.