SA mediese vereniging bekommerd oor veiligheid van mediese praktyke in die buurland

Die Suid-Afrkaanse Mediese Vereniging het sy kommer uitgespreek oor veiligheidsmaatreëls vir mediese praktyke in die buurland. Die vereniging waarsku dat dokters se spreekkamers maklike teikens vir misdadigers geword het. Dit volg na ‘n noodlottige skietvoorval by ‘n dokter se spreekkamer in Mabopane, Pretoria, toe ‘n ontvangsdame doodgeskiet en die dokter beseer is. Die voorsitter van SAMA, Angelique Coetzee, sê die aanval veroorsaak ernstige kommer by die mediese gemeenskap.