Windhoek se burgemeester is teleurgesteld oor lewering van dienste

Die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda het sy teleurstelling uitgespreek oor wat hy beskryf as ‘n vertraging in die lewering van gedienste erwe by Goreangab se Uitbreiding 4. Hy sê die spesifieke projek vorm deel van ‘n ooreenkoms tussen die Regstellende Herposisionering Beweging en die Presidensie en sluit ook ontwikklings in Oshakati en Walvisbaai in. Amupanda sê die projek het reeds in 2015 begin en 338 erwe moes gediens gewees het maar nie een erf is voltooi nie. Hy het bygevoeg dat dit verkeerd is dat hy evaluasies moet doen oor werk wat reeds voltooi moes gewees het. Ons behoort êrens anders te wees, besig met nuwe projekte, het hy gesê.