Boris Johnson gaan nie prins Philip se begrafnis bywoon nie

Die Britse Eerste Minister Boris Johnson gaan nie prins Philip se begrafnis bywoon nie. Johnson voel omdat net 30 mense die diens weens Covid-19 regulasies kan bywoon, sal hy liewer sy sitplek opgee sodat ‘n familielid van die koningshuis die geleentheid kan bywooon. Prins Philip word volgende Saterdag begrawe.