Stad Kaapstad werk aan waterprogram van R4,7 miljard

Die Stad Kaapstad het aangekondig hy werk aan ‘n waterprogram van 4,7 miljard Suid-Afrikaanse rand om te verseker drie van sy natuurlike grondwaterbronne kan teen 2036 water van gehalte lewer. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die Kaapse Vlakte-, Tafelberggroep- en die Atlantis- grondwaterprojek het ten doel om genoeg water by te voeg vir die stad se drinkwatervoorraad.