Sewesitplek taxi’s eis aanpassings aan wet

Meer as 100 sewesitplek taxi-operateurs het ‘n petisie aan die Adjunkminister van Werke en Vervoer, Veikko Nekundi, oorhandig om te eis dat wysigings aan Padvervoerwet bespoedig moet word. Die President van die Sewesitplek Bestuurdersorganisasie, Benedictus Ndjitaviua, eis dat sewesitplek sedanvoertuie ook as langafstandvervoer in die gewysigde wet ingesluit moet word. Hy versoek dat openbare passasier-vervoerpermitte ook aan hulle toegeken word.