SA Mededingingskommissie doen pluimveebedryf-markondersoek

Die buurland se Mededingingskommissie het ‘n uitnodiging gerig vir openbare deelname aan ‘n markondersoek na die pluimveebedryf-waardeketting. Die kommissie het rede om te glo daar is kwessies in die pluimveemark wat mededinging kan belemmer, verwring of beperk. Belanghebbendes word versoek om teen 8 Maart skriftelike terugvoer oor konsepopdragte in te dien. Die hoofekonoom, James Hodge, het die belangrikheid van markbillikheid beklemtoon, veral in ‘n sektor wat noodsaaklik is vir proteïene-voorsiening vir die meerderheid Suid-Afrikaners, en veral lae-inkomste huishoudings.