Brittanje gee opleiding aan Oekraïnse regters oor oorlogsmisdaadverhore

‘n Groep van 90 Oekraïnse regters sal Britse opleiding ondergaan om oorlogsmisdaadverhore vir Russiese soldate te hou. Die eerste groep regters het volgens berigte opleiding op ‘n geheime plek in die streek ondergaan, en meer sal in die komende maande volg. Die Britse prokureur-generaal, Victoria Prentis, sê dit sal verseker oortreders van gruweldade kan op ‘n ongekende skaal vervolg word terwyl die konflik voortduur. Meer as 43 000 aangemelde misdade is reeds geregistreer.