SA: Lewer van Johnson & Johnson-enstof vertraag

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die vertraging in die geskeduleerde lewering van Johnson en Johnson se Covid-19-entstof is ‘n uitdaging. Die vertraging het ontstaan weens regulatoriese kwessies omdat behoorlike standaarde nie by ‘n vervaardigingsaanleg in Amerika gehandhaaf is nie. Ramaphosa het gisteraand in ‘n boodskap aan Suid-Afrika gesê hulle wag dat die kwessies opgelos word voordat die eerste besending entstof van die maatskappy uit die pakhuis in Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap versprei kan word.