SA jagluiperds na Indië

Positiewe natuurbewaringsnuus: Die Indiese regering sê hy sien daarna uit om jagluiperds van Suid-Afrika in die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh te verwelkom. Die wêreld se vinnigste landdier is in 1952 in Indië as uitgesterf verklaar. Die land se hooggeregshof het die inbring van jagluiperds van Afrika op ‘n eksperimentele grondslag na ‘n geskikte habitat in Indië goedgekeur. Indiese media berig sowat tien jagluiperds, insluitend vyf wyfies, sal in Oktober en November van Suid-Afrika ingevoer word.