Afrika het meeste kindermigrante

Die Verenigde Nasies se Kindernoodfonds, Unicef, sê Afrika het die grootste aantal kindermigrante. Die Suid-Afrikaanse adjunk-minister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, het Kinderbeskermingsweek 2021 van stapel gestuur wat fokus op kinders wat migreer en ander kinderbeskermingsdienste. Die Unicef-verteenwoordiger, Christine Muhigana, het by die seremonie gesê hulle beraam daar is meer as 600 000 kinders in Afrika wat migreer.