SA landbousektor groei

‘n Landbou-opname deur Statistieke Suid-Afrika wat die verkope van landbouprodukte in Suid-Afrika tussen 2017 en 2019 dopgehou het, toon dat die sektor se inkomste met N$37,4 miljard tot N$351,4 miljard gestyg het. Dit toon ook dat hoendervleis 10 persent van Suid-Afrika se landbou-inkomste beloop. Die verkope van diere- en verwante produkte dra die meeste tot die sektor se inkomste by wat met byna N$40 miljard toegeneem het. Die tweede grootste bydrae is gelewer deur tuinbou-produkte soos druiwe, groente en sade.