Ma eis ná seun se skietdood

‘n Ma wie se kind deur ‘n polisiebeampte tydens Operasie Kalahari-woestyn doodgeskiet is, eis N$1,6 miljoen vir skadevergoeding. Inge Shimoneni se siviele saak spruit uit ‘n voorval op 5 September 2019 toe haar seun se lewe geëis is. Sy eis teen die regering, ministeries van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, asook die polisiebeampte, Mulele Darryl Nyambe.