Twaalf Covid-19-verwante sterfgevalle

Die Namibiese gesondheidsminsiterie het 717 nuwe Covid-19-gevalle in 13 streke uit 3 146-toetsuitslae bevestig. In die groep is 80 leerders, 17 studente, 33 onderwysers en 11 mynwerkers. Altesaam 280 mense is in hospital, waarvan 47 in hoësorgeenhede is. Twaalf sterfgevalle is aangemeld.