SA landbou – gemengde resultate

Suid-Afrika se vordering met die ideaal van ‘n geïntegreerde en inklusiewe landelike ekonomie het tot dusver gemengde resultate opgelewer. Só sê die hoofekonoom van Suid-Afrika se Landbousakekamer Wandile Sihlobo. Hy sê wat groei in landbou betref, was daar goeie vordering. Volgens Sihlobo het die meeste werkskepping ook op dié gebied plaasgevind, hoewel die gevolge daarvan egter uitgeskakel is deur werksverliese in grond wat braak lê.