Herstel ekostelsels

Die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram in Namibië sê dit is van kritieke belang om ekostelsels wat beskadig is te herstel. Die program se verteenwoordiger dr. Armstrong Alexis sê landskappe wat graslande en woude insluit, is baie belangrik nie net vir landelike gemeenskappe se oorlewing nie maar ook vir bronne soos water en hout. Alexis sê Namibiërs moet poog om die tempo van agteruitgang in ekostelsels op ‘n neutrale vlak te bring, as die eerste stap in herstel pogings.