SA kry inkomste van R330 miljard uit krag, gas en water

Die algehele inkomste vir die krag-, gas- en waterbedryf in 2021 in die buurland is op meer as 330 miljard Suid-Afrikaanse rand aangeteken. Dit is bekend gemaak in die jongste syfers oor die aard en struktuur van die bedryf. Statistieke Suid-Afrika het ‘n toename van 6,4 persent per jaar aangeteken sedert die 2019-verslagtydperk. Die adjunk-direkteur-generaal, Joe de Beer, sê groot verhogings is aangemeld vir die opwekking, transmissie en verspreiding van krag, terwyl suiwering en verspreiding van water die tweede grootste toename getoon het. De Beer sê salarisse en lone maak byna elf persent van die algehele uitgawes uit.