Kenia se landbousektor belê in digitale tegnologie

Kenia se landbousektor het belê in digitale tegnologie om voedsel-onsekerheid in die land die hoof te bied. Ongeveer 30 persent van boere gebruik na raming digitale landbou as ‘n oplossing vir verskeie uitdagings. Navorsing dui aan dat mobiele netwerk-infrastruktuur wat deur regeringsbeleid uitgebrei en ondersteun word, beleggings lok en mededinging bevorder. Die digitale landboudienste in Kenia kan verder groei indien die instel van digitale platforms aangemoedig word.