Nangombe erken ontvangs van petisie van skoonmakers

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie Ben Nangombe het vandag ‘n petisie ontvang van skoonmakers en portiers wat hul werk verloor het. Die beswaarde groep sê die ministerie het hulle aan die neus gelei en hulle van 2017 tot 2019 vrywillig laat werk. Die werkers het die ministerie tot Maandag tyd gegee om te reageer. Nangombe het bevestig dat hy die petisie ontvang het en dit sal bestudeer.  

Hy sê ook daar is vals aantygings gemaak …