SA krieketkaptein sê sy uitsluiting uit SA20 maak seer

Krieket: Suid-Afrika se kaptein in witbalkrieket, Temba Bavuma, sê die gebrek aan belangstelling in sy dienste vir die eerste SA20-kompetisie maak seer. Daar was Maandag tydens die spelersveiling geen bod vir Bavuma of die toetskaptein, Dean Elgar, nie. Die Protea-bouler Andile Phehlukwayo is ook nie verkoop nie, terwyl Sunrisers Eastern Cape die jong nasionale speler Tristan Stubbs vir 9,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand gekoop het. Sommige kenners glo Bavuma se algehele treftempo van 125 in T20 is nie goed genoeg vir die kortste formaat van die spel nie.