SA kosmandjie goedkoper

Die gemiddelde koste van ‘n huishoudelike voedselmandjie in die buurland het met 61 Namibiese dollar tot 4 137 Namibiese dollar gedaal teenoor verlede maand. Dit is volgens die Pietermaritzburgse ekonomiese geregtigheid- en waardigheidsgroep se huishoudelike bekostigbaarheids-aanwyser vir Mei. Die groep neem maandelikse voedselprys-data in aanmerking by 44 supermarkte en 30 slagters in Johannesburg, Durban, Pietermaritzburg, Kaapstad en Springbok. Die programkoördineerder, Mervyn Abrahams, sê hy neem kennis van die daling, maar die huidige lewenskoste beteken Suid-Afrikaners gaan swaar kry soos die jaar vorder.