Bokser kry borgtog

Landdros Conchita Olivier het vanoggend borgtog van N$5 000 aan die Namibiese Olimpiese bokser, Jonas Junias Jonas, in die Swakopmund-landdroshof toegestaan. Hy word van poging tot moord, aanranding en dwarsboming van die gereg aangekla. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy ‘n polisiebeampte aangerand het.