Biden en Putin vergader in Junie

Die langverwagte beraad tussen die Amerikaanse president, Joe Biden en sy Russiese eweknie Vladimir Putin sal op 16 Junie in Genève in Switserland plaasvind. Sedert die Biden-administrasie oorgeneem het, het die verhouding tussen die twee land versuur en Biden het verskeie waarskuwings gemaak dat Rusland moet ophou om in te meng in Amerikaanse sake. Die Withuis-woordvoerder Jen Psaki het aan media gesê die twee leiers sal kwessies bespreek wat die voorspelbaarheid van die verhouding tussen die twee land sal herstel. Kenners meen daar sal geen sinvolle uitkomste wees nie.