SA kleinskaalse vissers vra ministers om hulle te raadpleeg

Kleinskaalse vissers in Suid-Afrika wil hê die minister van minerale sake en energie, Gwede Mantashe, en die omgewingsminister, Barbara Creecy, moet ophou om hulle oor die hoof te sien oor sekere kwessies. Die Suid-Afrikaanse Verenigde Vissersfront sê hy is nie beïndruk met hoe seismiese opnames in die howe afspeel nie. Volgens die voorsitter, Pedro Garcia, gaan die bekommernis nie oor die wettigheid van die prosesse of die integriteit van die regters nie, maar eerder oor wat hy beskryf het as ekstreme uitsprake.