Delta Airlines beplan direkte vlugte tussen Atlanta en Kaapstad

Delta Airlines het ‘n aansoek ingedien by die Amerikaanse departement van vervoer om toegelaat te word om regdeur die jaar, drie keer per week, direk tussen Atlanta en Kaapstad te vlieg. Die Amerikaanse redery het die aansoek ingedien ná ‘n besluit van United Airlines om direkte vlugte tussen New York en Kaapstad in Junie 2022 te hervat. Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, David Maynier, sê die stap sal belegging in die toerismebedryf verbeter. Indien die aansoek suksesvol is, sal Delta die roete tussen Amerika en die Moederstad vanaf November bedryf.