Pres. Hage Geingob keer vanaand terug ná AU-EU-beraad

Namibiese President Hage Geingob sal vanaand terugkeer na Namibië nadat hy die Een Oseaan-beraad in Frankryk en die beraad tussen die Afrika-unie en Euroupese Unie in België bygewoon het. Geingob het onder meer samesprekings gehad met die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyden, asook die eerste minister van Nederland, Mark Rutte, oor groen waterstof-ontwikkeling in Namibië. Geingob sê hulle het ooreengekom die Rotterdam-hawe en Namport sal in die groen waterstof-sektor saamwerk. Hy land vanaand op die Eros-lughawe in Windhoek.