Diergaardt sterf as held, sê getuies

Rehoboth-inwoner Quinton Diergaardt is Saterdag in Kaapstad oorlede as gevolg van brandwonde wat hy op 14 September in die nou beroemde Rehoboth-Tsumis vuur opgedoen het. Hy was ‘n jarelange vriend van Rehoboth se burgemeester, Enrico Junius, wat ook in die Kaap behandel word vir erge brandwonde. Volgens inligting wat van die toneel aan Kosmos 94.1 Nuus verskaf is, het Diergaardt, toe hy besef hy en Junius is vasgekeer in die brand, homself oor Junius gegooi en daarom het hy baie erger brandwonde opgedoen. Hy word alom beskryf as ‘n held. Hy laat sy vrou en twee kinders agter. Junius se toestand word as ernstig beskryf.