SA kabinet keur nuwe rybewyskaarte goed

Die Suid-Afrikaanse kabinet het die vervanging van die huidige rybewyskaart goedgekeur. Die regering sal ‘n nuwe kaart uitreik met veiliger ontwerpkenmerke en versoenbaar met internasionale standaarde. Dit sal ook ‘n aantal verbeterde sekerheids-eienskappe bevat, wat dit geskik sal maak as ʼn soort identifikasie. Die huidige kaart sal oor ‘n tydperk van vyf jaar uitfaseer word, terwyl die regering ook die verlenging van die hernuwingstydperk van vyf tot tien jaar oorweeg.