Opvoedersraad ondersoek leerder se selfdood

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders ondersoek die omstandighede rondom die dood van ‘n graad 9-leerder van die Hoërskool PJ Simelane in Soweto. Daar word beweer dat hy selfdood gepleeg het nadat ‘n studente-onderwyser hom voor sy klasmaats gespot het oor sy seksuele oriëntasie. Die woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, Steve Mabona, sê die studente-onderwyser is intussen van haar pligte ontslaan. Mabona voeg by ‘n veiligheids-koördineerder is uitgestuur vir ondersteuning rakende afknouery, veiligheid en voorspraak oor geslagskwessies.