Bokke se wenmomentum plaas hulle in goeie plek vir komende toer

Die Springbok, Jasper Wiese, glo die wenmomentum wat hulle oor die afgelope drie toetswedstryde van die Rugbykampioenskap opgebou het, plaas hulle in ‘n goeie posisie met die einde van die jaar se toer wat voorlê. Die toer in November se toetse is teen Ierland, Frankryk, Italië en Engeland. Wiese, wat Saterdag as Speler van die Wedstryd aangewys is na die kragmeting teen Argentinië, sê die mededinging in die span is beslis ook belangrik gedurende die toer.