SA-jeug: Fase vier van indiensneming begin

Die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys se werwingsveldtog vir fase vier van die Presidensiële Jeug-indiensnemingsprojek het begin. Die 255 000 werksgeleenthede is gemik op jongmense tussen die ouderdomme van 18 en 34 wat nie met onderrig, werk of opleiding besig is nie. Die jongmense wat gekies is sal in skole rondom hul woongebiede in die nege provinsies geplaas word. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die aansoekproses sal op 26 September begin en op 16 Oktober eindig: