Bieber kanselleer wêreldtoer, sê gesondheid is nou prioriteit

Justin Bieber het sy Justice World Tour weens fisieke en geestelike gesondheidskwessies ná gesigsverlamming gekanselleer. Op sy Instagram het die 28-jarige sanger geskryf dat hy tyd nodig om te rus en beter te word. Hy het Sondag in Brasilië opgetree nadat hy sy wêreldtoer op 31 Julie hervat het. Hy sê nadat hy van die verhoog afgeklim het, het die uitputting hom oorval en hy het besef dat hy sy gesondheid nou ‘n prioriteit moet maak. In Junie het die popster onthul dat hy sukkel om te eet nadat hy tydelike gesigsverlamming van Ramsay Hunt-sindroom opgedoen het.