SA Jeug Ekonomiese Raad eis ander Eskom-bestuur

Die Suid-Afrikaanse Jeug Ekonomiese Raad vra Eskom se bestuur moet verander word. Die raad se adjunkpresident, Lwazi Ntombela het gesê ʼn nuut-aangestelde bestuur sal in staat wees om Suid-Afrika uit die huidige energiekrisis te bestuur. Volgens hom is die land in ʼn bedenklike situasie aangesien miljoene Suid-Afrikaners steeds deur beurtkrag geraak word. Ntombela sê talle ondernemings het nog nie die vermoë ontwikkel om ander energiebronne te bekostig nie.