GIPF: Registreer op biometriese stelsel  

Die Pensioenfonds vir Staatsinstellings, GIPF, doen ‘n beroep op alle lede met annuïteite om op die GIPF biometriese stelsel te registreer voor 28 Februarie. Die fonds se bemarkingsbestuurder, Amos Kambonde sê afgetrede lede, lede wat ongeskiktheidsvoordele ontvang, kwalifiserende kinders en gades van afgestorwe lede moet enige van die GIPF-kantore landwyd besoek. Hy beklemtoon dat alle kinders wat ‘n pensioen ontvang op die biometriese stelsel geregistreer moet word voordat die verifiërings-proses kan begin. Die fonds sal die verifiërings-proses drie keer per jaar doen, sê GIPF se skakelbeampte Robyn Nakambo aan Kosmos 94.1 Nuus.