Japan: Soektog na vermistes van vragskip duur voort  

Kuswagte van Suid-Korea en Japan gaan voort met die soektog na nege mense wat nog vermis word nadat ‘n vragskip te midde van sterk wind langs die suidweste van Japan gesink het. Dertien bemanningslede is vroeër gered, maar twee het intussen gesterf. Vliegtuie en skepe, insluitend privaat skepe, neem aan die soektog deel. Volgens die Japannese kuswag het bemanningslede van die skip laat Dinsdagaand in ‘n noodoproep gesê die skip is besig om te sink en die bemanningslede word na reddingsbote oorgeplaas. Honderde vlugte in dié gebied is weens slegte weerstoestande gekanselleer.